Met Middernag

 


Met middernag keer Christus weer na ons
Toe God as mens neergedaal het na ons
Om ons te bevry van die mag van sonde,
En ons te red van die dood en die hel.
n Nuwe hoop vervul die hele aarde
Toe daardie nag gebore is die Heer!
Kniel voor Hom neer, kom ons loof die Heer.
Dis Kersfees, dis Kersfees, Jesus is God met ons.
Dis Kersfees, dis Kersfees, Hy is Emmanuel.


Kom in geloof, kom laat ons tot Hom nader
Tot by die krip van die heilige Kind.
So het die wyse manne ook vergader
En, voort gelei deur ‘n ster, Hom gevind.
Ons sal Hom nooit ooit genoeg kan prys.
Hy gebore het vir ons gely.
Kom almal saam, Kom ons loof Sy naam.
Dis Kersfees, dis Kersfees die Here het neergedaal
Dis Kersfees, dis Kersfees Jesus het ons kom haal.


God gee U seen, mag Hy u siel berus
Tot Hy ons weer hereenig in ses en twint ig
Dra Hy ons in vrede liefde en geluk
Dank God vir hierdie jaar
Hy is die Here, bring Hom lof en ere
Dis Kersfees, dis Kersfees, loof Hom al mal saam
Dis Kersfees, dis Kersfees, oh loof Sy heil’ge Naam
Dis Kersfees, dis Kersfees, loof Hom al mal saam
Dis Kersfees, dis Kersfees, oh loof Sy heil’ge Naam.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *