Wees U my toevlug
1. Here my toevlug U is God van my hart
Niks maak meer saak nie Slegs Heer U wil
Neem nou my gedagtes Van oggend tot aand
Selfs as ek slaap U nabyheid my lig
2. Wees U my wysheid Die waarheid, die woord
Versoen met die Godheid Verewig gebind
U is my Vader en ek is U kind
U Gees nou inwonend en eenheid herstel
3. Wees U my beskermer, my swaard vir die stryd
Wees U die Godsbeeld in wie ek verbly
U my sielsvesting, my veilige skuiling
Lig my na waar U is, o, krag van my krag
4. Rykdom het geen belang nie en geen mens se leë lof
U is my erfenis vir nou en altyd
Aan U en U alleen my hart oorgegee
Jesus my koning, my skat is in U
5. Hoogste in die hemel, oorwinning behaal
Hemelse vreugde wat vanuit U straal
Hart van my eie, wat ook al gebeur
Wees steeds my toevlug O Heerser van alles