U het die brood gebreek
U het die brood gebreek eens by die meer;
Breek tans die lewensbrood vir my ook, heer!
Wil steed u waarheid meer aan my ontyou
Tot ek ook in u woord my heer aanskou.
U is die lewensbrood, Heiland, vir my.
U is die waarheid, Heer, U maak my vry!
U beeld straal uit die Skrif so helder voort-
U soek ek, Heer, uself o Lewend’ woord.