O Hoof deur mens geskonde
1. O Hoof deur mens geskonde, gemartel en gehoon,
ter wille van my sonde, met dorings wreed gekroon!
O Hoof wat eens gepryk het in majesteit en krag,
en nou van smart verbleik het, ek groet U met ontsag.
2. O Aangesig so edel voor wie se frons verskrik
u folteraars sal bedel om ëën genadeblik.
Hoe dof is nou, en duister, die oë eens vol lig,
dog aardse glans en luister vervlou daarteen en swig.
3. Hier staan ek, diepgegriefde, my Herder, Ken U my?
Hoe dikwels het u liefde my Hart met troos verbly!
U heil was my verkwikking, u woord my siel se kos,
Uit droefheid en verskrikking het U my siel verlos.
4. Dir strek my tot verblyding, tot troos vir my gemoed:
Vir mý was al die lyding, vir mý moes vloei u bloed.
In u deurboorde Hande lë ek my lewe neer;
neem hierdie offerande, dis al wat ek begeer.