Net Soos Ek Is
1. Net soos ek is, geen hulp naby;
Alleen u bloed gestort vir my;
Getrek tot u deurboorde sy –
O lam van god, ek kom!
2. Net soos ek is, ek wag nie meer;
Ek kom, hoe vuil bevlek, o heer,
En werp my aan u voete neer –
O lam van god, ek kom!
3. Net soos ek is, ofskoon altyd
Gepla deur twyfel, haat en nyd;
Van binne vrees, van buite stryd
O lam van god, ek kom!
4. Net soos ek is, ellendig, blind,
SOMS SOOS DIE wêreld NOG GESIND;
In u alleen is heil te vind –
O lam van god, ek kom!
5. Net soos ek is, nooi u vir my,
Vergewe, reinig en bevry;
Op u belofte steun ek bly –
O lam van god, ek kom!
6. Net soos ek is, u liefde teer
Werp alle hinderpale neer;
U wy ek my vir ewig, heer –
O lam van god, ek kom!
7. Net soos ek is, om u gena,
Wat eind’loos stroom van golgota,
Hier te geniet en dan hierna –
O lam van god, ek kom!