Jesus min my salig lot
1. Jesus min my salig lot
Ek weet dit uit die woord van god;
Al is ek ook swak en blind,
Nogtans noem hy my sy kind.
Koor:
Ja, Jesus min my!
Ja, Jesus min my!
Ja, Jesus min my!
Ek weet dit uit god’s woord.
2. Jesus min my, ja ook my
Maak sy bloed van sonde vry;
Sions poorte open hy,
Ewig juig ek aan sy sy!
3. Jesus min my, hy bly my
Op my pelgrimsreis naby;
As ek hom opreg bemin,
Lei hy my sy hemel in.