Hoe lief het ek Jesus
Hoe lief het ek Jesus En Hy’s lief vir my,
Van sonde maak Hy my vir ewig nou vry,
Want Hy’s my Verlosser, ‘n Heiland getrou;
As ‘k U ooit bemin het, my Jesus, dis nou!
Hy’t my eers Sy liede so duid’lik bewys,
Want Hy’t al my sonde gedra aan die kruis,
Vir my moes Hy swygend die doringkroon uithou;
As ‘k U ooit bemin het, myJsus, is dit nou!
So lank as ek lewe Wil ek Hom bemin;
Ek prys Hom solank Hy my asem vergun!
Dan sing ek daar eendag in doodsweet en kou,
As ‘k U ooit bemin het, my Jesus, is dit nou!