Ek geloof, Jesus red

 


Laat ons sing van Sy liefde so groot,
Van Sy liefde wat nimmer vergaan,
Van die bloed van die Lam eens geslagv
Tot ons eendag voor Hom juigend staan!


Ref
Ek geloof, Jesus red!
En Sy bloed was my witter as sneeu,
Ek geloof, Jesus red!
En Sy bloed was my witter as sneeu.


Daar is krag wat my red en genees,
As ek was in die helende vloed.
Daar is lewe en vreugde en heil,
Vir ’n sondaar gewas in die bloed.


Word sy liefde op aarde gesmaak,
Maak dit hier reeds ons harte so bly,
Maar hoe heerlik moet dit eenmaal wees,
Waar ons lofliede sing vir altyd!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *