Red wat verlore gaan
1. Red wat verlore gaan,
Soek die wat sterwe,
Ruk hul ontfermend
Uit sonde en dood!
Ween oor die dwalendes,
Rig op wat struikel,
Bring hul die liefde
Van jesus so groot!
Koor:
Red wat verlore gaan,
Soek die wat sterwe!
Jesus is liefdevol,
Jesus kan red.
2. Hoe hy geminag word,
Immer nog wag hy,
Wag om boetvaardiges
Lewe te gee;
Pleit met hul vriendelik,
Pleit nogmaals dringend:
Elkeen wat glo,
Vind vergewing en vree.
3. Diep in die heidenhart,
Prooi van die bose,
Skuil daar ‘n beeld
Wat gena kan herstel
Onder gods liefdehand
Tril daar weer snare
Lewe die siel
Op die heer se bevel.
4. Red wat verlore gaan,
Jesus verwag dit,
Krag tot die werk
Sal gods gees u verleen;
Lei na die noue weg
Almal geduldig,
Juis oor verdwaaldes
Het jesus geween.