In Die Stad Van Koning Dawid
In die stad van koning Dawid,
in die nederige stal,
in ‘n krip lê daar ‘n Kindjie,
Koning van die goot heelal.
Refrein:
Jesus Christus, God en Heer,
aan U, Koningskind, ons eer.
Hy kom woon hier onder mense
Hy kom red hul van die dood.
Hul wat in Hom glo, Hom aanneem,
die verlos Hy uit hul nood.
Eenmaal sal Hy as die Regter
in sy koningsmajesteit
weer verskyn vanuit die hemel,
in volmaakte heerlikheid.