Werk, want die Nag kom nader

 


1. Werk, want die nag kom nader,
Werk in die vroeë dag;
Werk as die dou nog glinster
In die blommeprag!
Werk in die helder môre,
Al is die son ook heet;
Werk, want die nag kom nader;
Werktyd ‘s afgemeet!


2. Werk, want die nag kom nader,
Werk deur die hele dag!
Vul elke uur met arbeid;
Eenmaal rus ons sag.
Laat elke korte oomblik
Lets vir hierna bewaar;
Werk, want die nag kom nader,
Dan is werktyd klaar!


3. Werk, want die nag kom nader;
Ver het die son gedaal!
Werk in die awendskadu,
Wyl die daglig faal!
Werk in die laaste strale,
Nooit daag die son hier weer;
Werk, want die nag word donker,
Dan geen werktyd meer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *