Staan op, staan op vir Jesus

 


1. Staan op, staan op vir jesus,
O helde van die kruis!
Verhoog sy krygsbaniere
Deur al die strydgedruis!
Deur stryd lei tot oorwinning
Die heiland keer op keer,
Tot hy oor elke vyand
Vir ewig heers as heer.


2. Staan op, staan op vir jesus!
Die krygsgeroep weergalm;
Begeef u in die strydperk,
Volg hom met vreugdepsalm!
Kom, stryders, wees dan moedig,
Weerstaan met al u mag;
Die bose moet terugval,
Want jesus gee u krag!


3. Staan op, staan op vir jesus!
Steun enkel op sy krag;
U eie arm is hulp’loos,
Hoe dikwels u ook trag.
Neem aan gods wapenrusting,
En waak en bid en stry;
Roep plig u in gevare,
Weet, jesus staan u by!


4. Staan op, staan op vir jesus,
Al is die stryd hoe bang!
Na al die stryd op aarde
Volg eens die segesang.
Aan stryders, trou en moedig,
Gee jesus dan ‘n kroon;
Hul heers daar ewig met hom,
Rondom sy glorietroon.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *