O Soetste Uurtjie Van Gebed

 


1. O soetste uurtjie van gebed
wat my van aardse sorge red
dit roep my tot my Vaders troon
waar Hy my nood met antwoord loon
as ek voor Hom met angs en pyn
aan siel en liggaam kom verskyn
hoe dikwels het Hy my gered
in die soetste uurtjie van gebed


2. O soetste uurtjie van gebed
voer op u vlerk my boodskap mee
tot daar by onse Middelaar
wat leef om aan ons Sy woord te hou
Hy sê as ek gelowig soek
gee Sy genade oorgenoeg
om my van al my sorge te red
in die soet uurtjie van gebed


3. O soetste uurtjie van gebed
deel my ‘n trooswoord altyd mee
tot ek van Kanaans berge hoog
my hemel woning daar sien
my liggaam kan maar agter bly
as ek my lewenskroon gaan kry
daar in die hemel sing ek weer
soet uurtjie van gebed vaarwel

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *