Bly by my Heer

 


1. Bly by my heer, terwyl die skemerdaal.
laat steeds u lig my lewens- pad bestraal.
Daar is geen ander hulp of troos vir my-
Hulp van die hulpelose bly my by !


2. My lewensdag begin alreeds te kwyn
sy vreugde en sy glans is aan verdwyn
die tyd laat niks hier onverander bly
o Heer wat nooit verander, bly my by!


3. U wat ons nooit verlaat nie, goeie heer,
weet om met swakke mense te verkeer;
U is geduldig, en met medely, bly u heer,
in nood my trou naby.


4. U bystand is so kosbaar elke uur;
deur u genade leer ek leed verduur.
Waar is daar ooit ‘n beter lig te kry
U gees bly immer ons onfeilbaar bly.


5. Gou daag die lig; die nuwe aarde bly
van alle sonde, dood en smarte vry !
Dood wie sou skrik ? Graf, wat sou my laat beef ?
My toekoms is gewis, want jesus leef

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *