As Die Rol Daar Af Gelees Word

 


Wanneer Godsbasuin sal klink en tyd sy laaste tik sal slaan
En die hemelsmôre breek vir ewig aan
As die skaar vir lof dus daar vergaar om voor U troon te staan
En die rol daar afgelees word is ek daar


Koor
As die rol daar af gelees word
As die rol daar af gelees word
As die rol daar af gelees word
As die rol daar af gelees word is ek daar


Daardie môre sal die dode wat in Christus slaap opstaan
En Sy heerlikheid word vol daaraan gedaan
As die uitverkore skare na die ewigheid sal gaan
En die rol daar af gelees word is ek daar


Laat ons arbeid vir die Meester tot die son hier onder gaan
En vertel Sy wonderwerk in ons gedaan
As ons dan ons lewe aflê en van hartbleid word ontslaan
En die rol daar af gelees word is ons daar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *