Die groot Geneesheer is naby

 


Die groot Geneesheer is naby
Die liefdevolle Jesus
Hy maak die droewig hart weer bly
O, hoor die stem van Jesus.


Ref
Soetste naam in eng’lekring
Soetste naam vir sterweling
Soetste loflied ooit gesing
Jesus, dierb’re Jesus.


Jou sonde groot vergewe Hy
O, hoor die stem van Jesus.
Die Hemelweg is vir jou vry
‘n Kroon kry jy by Jesus.


Sy naam verdryf my skuld en vrees
Geen ander naam as Jesus
My siel is bly, naby te wees
So na as kan aan Jesus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *